’n Virtuele konsert enig in sy soort

Die FAK in samewerking met Jak de Priester, Xtreme Productions en die Voortrekkermonument het onlangs die Hier Staan Ons-konsertreeks bekendgestel. Tydens die eerste vertoning het Steve Hofmeyr as gaskunstenaar opgetree en na talle navrae vanaf die publiek het ons besluit om nog drie konserte bekend te stel. Spoegwolf, Nianell, Corlea Botha, Monique Steyn en Jannie Moolman is van die kunstenaars wat tydens hierdie konserte sal optree. Die konserte word teen die vooraansig geprojekteer en digitaal uitgesaai. Dit stel jou in staat om vanaf enige plek in die wêreld in te skakel en te deel in die grootste en lekkerste vermaak.

Kaartjies beloop R60 per konsert of kry ‘n #winskopie wanneer jy R150 betaal en sodoende toegang tot die volgende 3 aanlyn konserte verkry:

9 Augustus: Vrouedagkonsert saam met Nianell, Corlea Botha en Monique Steyn

Ons word almal gedurende COVID-19 geaffekteer met groot uitdagings, maar op 9 Augustus vier Hier Staan Ons die vroue wat elke dag seker maak dat ons gesond en veilig bly. Ons vier die mamma’s wat juffrou by die huis moet speel, die vroulike personeel in hospitale en spreekkamers wat hulle eie gesondheid op die spel plaas, ons dink aan die vroue wat sopkombuise begin en kos voorsien aan die wat dit nie kan bekostig nie en met hierdie konsert vier ons saam met jou die krag en liefde van elke Suid-Afrikaanse vrou.

Hier Staan Ons stel bekend: VROUEDAG-KONSERT met Nianell, Corlea Botha en Monique Steyn

Bederf jou vriendin, eggenoot, ma, ouma, sussie of selfs jou kollegas met hierdie unieke vertoning. Dit maak nie saak waar in die wêreld hulle bly nie, hierdie konsert word op 9 Augustus digitaal uitgesaai en ons maak vir ‘n derde keer geskiedenis wanneer die beeld op die vooraansig van die Voortrekkermonument geprojekteer word.

13 September: Jannie Moolman sing klassiek

Die FAK het onlangs as deel van sy Geskiedenisfonds ’n omvattende hulpprogram ter ondersteuning van Afrikanermonumente bekendgestel om hulle finansiële oorlewing te midde van die Covid-19-pandemie te verseker. Die Voortrekkermonument in Pretoria is een van die instellings op die FAK se prioriteitslys. Weens die verlies aan toerisme-inkomste omrede die nasionale staat van inperking is dié instelling een van die plekke wat moontlik sy deure kan sluit.